@esme.fox: Ek het lanklaas its op social media gepost en hierdie is hoekom... Ek weet hierdie video is dalk heeltemal all over the place, maar as 'n vrou met ADHD is hierdie waarskynlik die mees eerlike weergawe van myself wat ek vir julle kan gee. ADHD in vroue is en van die geestesversteurings wat die meeste misverstaan word in die wêreld. Talle vroue en jong meisies gaan vir jare sukkel sukkel deur die lewe or hulle te bang is om te erken dat hulle net eenvoudig nie kan doen wat daar verwag word van 'n om te kan doen nie (selfs al probeer hulle hoe hard). Vroue met ADHD het dikwels van die volgende simptome: - Vergeet van klein details - Maak "simpel" voutjies - Sukkel om gefokus te bly - Dagdroom - Sukkel om georganiseerd te bly en take betyds te voltooi - Is "tvd blind" - Is sensitief tot die idee dat hulle moontlik "reject" sal word Hierdie is net 'n paar van die simptome waarmee vroue met ADHD daagliks sukkel. Ek sal probeer om in die vervolg bietjie meer van die feite as die emosies van ADHD vir julle te gee, maar die punt van hierdie video was meestal vir my om or die vrees om my ware self vir mense te wys te kom. 🌻 #adhd #adhdinwomen #adhdtiktok #afrikaans #afrikaansetiktok #vrou #meisie #afrikaansemeisie