@mel_die_storieverteller: Steve Hofmeyr sing in sy 1990 lied “Daars ‘n vrou wat weet wat aangaan Agter elke man…” Maar durf ek 33 jaar nadat “Agter elke man” vrygestel is die lirieke verander na… “Daar’s ‘n man wat weet wat aangaan, agter elke vrou…” So draai en verander die tye. Meeste sterk suksesvolle gedrewe ambisieuse vroue weet - dat, ja, jy kan baie dinge op jou eie doen - maar die lewe is net makliker met ‘n goeie man aan jou sy. ‘n Man wat luister en ondersteun, wat uithelp en motiveer, wat jou respekteer en opbou. 4 jaar terug het ek uit ‘n baie seer verhouding gekom. Dit was die soveelste keer wat ek misbruik, ongewaardeerd en afgebreek gevoel het in ‘n verhouding. Ek het eerste - vir myself lief geword en toe skryf ek ‘n lysie van ononderhandelbare dinge wat ek in ‘n man en ‘n verhouding soek. Die eerste ding op daai lysie was: 1. Ek soek ‘n man wat my drome ondersteun. en die tweede ding 2. Ek wil vry voel in my verhouding en nie vas nie. & toe is daar seker 80 nog items 😂👌🏼 13 maande later het ek vir Ronald op ‘n dating app raak geswipe en op 4 Februarie 2021, in die Paarl onder ‘n boom - daar waar die nuwe Hennie’s nou is - wag ‘n man met ‘n kleurvolle blom hemp aan. Die spiere was rerig ‘n bonus, want dit was nie op my lysie nie - 😅 En nou word ek amper Mev. Welgemoed. Ek sê altyd vir vrouens en ouens - moenie settle nie. Daar is goeie mans daar buite! Wat die wêreld vir jou wil gee en saam jou as ‘n span wil werk - hou op probeer werk aan ‘n verhouding met die verkeerde persoon. Laat gaan - hoe langer jy vashou aan die verkeerde toksiese dinge, hoe langer word jy weggehou van dit wat vir jou wag. Yaaassss 🥳🎉

Mel die Storieverteller
Mel die Storieverteller
Open In TikTok:
Region: ZA
Sunday 31 December 2023 07:14:26 GMT
52410
3567
44
10

Music

Download

Comments

jvvst3phani3
Stephanie Jansen van Vuuren :
motivational woorde!!🥰
2024-02-10 12:53:09
1
lindie_swanepoel
LindieSwanepoel :
Jy is die 2de SA tiktok celeb wat gaan trou die jaar. Wanneer is julle datum? Jy gaan pragtig wees en ek kan nie wag om jou as bruid te sien nie🤗
2024-01-11 15:58:02
1
nien100
nien100 :
Dit maak my hart so bly ♥️
2023-12-31 09:20:37
1
justmandz
❀🎀мαи∂z🎀❀ :
🥰🥰
2024-02-20 13:52:53
0
fielies5
Angelique Biutendach :
Dis so pragtig
2024-02-12 13:24:51
0
bibilouw5
《☆*Bianca*☆》♡ :
julle is pragtig
2024-02-08 05:16:13
0
candy_beeeee
Candys Vowles :
🥰🥰🥰🥰🥰
2024-02-06 13:34:21
0
To see more videos from user @mel_die_storieverteller, please go to the Tikwm homepage.

Other Videos


About