@chelene_van_niekerk: As mense hoor jy werk in Amerika op ’n plaas sien hulle net dollars wat inkom. Hulle sien ’n man wat heeldag op ’n trekker sit en dink dis ’n maklike lewe wat jy geniet. Hulle sien nie die opoffering nie. Nie die stilte in die huis wanneer jy duisende kilometers ver is nie. Mens kan probeer verduidelik hoe moeilik dit is om weg te wees van jou vrou en jou kinders. Die verjaarsdae wat verbygaan. Troues waar jy net foto’s sien. Begrafnisse waar jy in stilte groet van ’n ander kontinent af. Maar mense verstaan dit nie regtig nie nie tensy hulle self daar gestaan het met ’n tas in die hand en ’n swaar hart in die bors. Want die moeilikste is nie aleen die maande wat jy weg is nie. Dis nie net die lang dae en die moordende hitte nie. Nee. Die moeilikste is daardie oggend wanneer jy moet groet. Die kinders weet Pappa moet weer Amerika toe gaan maar hulle verstaan nie hoekom nie. Klein ogies kyk op met vrae wat jy nie kan antwoord nie. Jou dogtertjie klou vas en wil jou net nie los nie. “Pappa, moet nie Amerika toe gaan nie.” Jou seuntjie vra sag: “Pappa… kan jy nie maar bly nie?” En daardie woorde sny die diepste. Dit krap die wond van die vorige jaar weer oop— ’n wond wat nooit kans kry om toe te groei nie want elke jaar skeur daardie oggend dit weer oop. #h2a #viral #usa #sa #fyp
Dis so waar. Hierdie is ook ons 4de jaar. Elke jaar raak dit net nog moeiliker om te groet
2026-03-30 10:04:33
2
Hannes :
2026-07-10 17:58:35
1
Rose 🌹 :
hierdie is my 1ste keer dat hy daar is.
2026-04-11 16:55:24
1
Michelle Botha🏵 :
ek stem dit raak nie makliker nie dis baie erg
2026-04-08 22:19:00
1
Noeleen Roberts#Angels Team :
😢😢😢
2026-04-03 18:10:35
1
petrus :
❤️❤️❤️
2026-04-01 17:39:11
1
Carel Oberholzer :
😉😉😉
2026-03-30 17:36:29
1
petro :
baie swaar
2026-03-27 23:12:43
1
JG Olivier :
🥰🥰🥰
2026-03-27 18:50:41
1
manvandieBos90 :
Baie waar ma dit gaan ni oor geld ni gaan oor die persoon se hart
2026-03-27 06:38:57
1
🇺🇸🇿🇦H2a_WildBoertjie🇺🇸 :
🇺🇲🫡
2026-03-27 03:48:40
1
petrus :
❤️❤️❤️
2026-03-26 22:23:34
1
Barry :
❤️❤️❤️
2026-03-26 17:45:43
1
🌻🦋ChantalNel🦋🌻 :
hierdie is sulke ware woorde wat jy hier sê ken dit alte goed.al ons 4de jaar.
2026-03-26 15:33:43
1
lydiaduplessis :
sterkte
2026-03-26 15:10:46
1
Jolene @ Renew :
true
2026-03-26 11:31:19
1
hermanjansevan783 :
🤗🤗🤗
2026-03-26 10:29:15
1
♡♡Blondie♡♡ :
Feeling the same🙏
2026-03-26 07:40:51
1
ruan86 :
As dit so maklik was het almal dit gedoen. Dis moeilik..sterkte vir julle met alles vorentoe
2026-03-26 04:11:39
1
Chicky :
Jou Caption is spot on🥺💔Sterkte mooiste my man en seun het 17 Januarie al gevlieg😭Dit raak nooit makliker nie💔Maar ons is sterk ons kap aan nie om nie al is dit hoe moeilik! Sterkte mooiste mens🤗
2026-03-25 18:23:06
1
ystermeis :
@
2026-03-25 14:40:14
0
To see more videos from user @chelene_van_niekerk, please go to the Tikwm
homepage.