@pickardhenn: Ons het die naweek in Windhoek afgesluit met ’n baie kosbare oomblik. My vriend wat die geleentheid in Windhoek vir ons help reël en moontlik maak, se baba het ’n paar dae vroeër gekom, en ek het die voorreg gehad om haar Sondagoggend in te seën. In 1 Samuel 1:27–28 lees ons dat Hanna God gesmeek het vir ’n seun. God het haar gebed verhoor, en toe die seun kom, het sy hom teruggegee aan God. “Solank hy leef, behoort hy aan die Here.” Selfs Josef en Maria het Jerusalem toe gegaan om Jesus aan God toe te wy (Lukas 2:22). In Markus 10 het mense hul kinders na Jesus gebring, en eers was die dissipels bietjie omgekrap daaroor en wou die kinders weghou, omdat hulle nie vir Jesus wou hinder nie. Jesus se woorde was: “Laat die kindertjies na My toe kom; moet hulle nie keer nie, want die koninkryk van God behoort aan mense soos hulle.” Daarna het Hy die kindertjies in Sy arms geneem, Sy hande op hulle gelê en hulle geseën. Spreuke 22:6 sê dat jy jou kind moet lei op die regte pad; dan sal hy, selfs wanneer hy oud is, nie daarvan afwyk nie. Jy as ouer het ’n verantwoordelikheid om jou kinders van Jesus te vertel. Dis nie net ’n gedagte nie. Deuteronomium 6:5–7 sê: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag.” Jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor praat wanneer jy by die huis is en wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan slaap en wanneer jy opstaan. Jy as ouers moet nooit ophou praat oor God en Sy goedheid nie. As daardie kind wakker word, moet hulle Jesus se Naam hoor; voor hulle gaan slaap, moet hulle Sy Naam hoor. Jou lippe moet Sy Naam dra, en jou aksies moet daarmee saamstem. Kinders doen nie wat jy vir hulle sê nie; hulle doen wat jy doen. Dit was ’n voorreg om klein Zamae terug te gee vir Jesus en Hom te vra om haar te seën en beskerm, gesond te hou en te lei. Mag ons as ouers nooit afwyk van die waarheid wat vry maak nie. #fyppppppppppppppppppppppp #fypシ゚ #southafrica #fypシ゚ #baba

Pickard Henn
Pickard Henn
Open In TikTok:
Region: ZA
Tuesday 14 April 2026 02:50:09 GMT
4063
114
2
3

Music

Download

Comments

elise_hssm
Elise :
Dit was so special🥰
2026-04-14 04:48:48
0
rb12249
renatabooysen :
Mag jy net van krag tot krag gaan met jou boodskappe aan ń verlore wêreld. Die Here seën jou. 🙏
2026-04-16 03:48:39
1
To see more videos from user @pickardhenn, please go to the Tikwm homepage.

Other Videos


About