@affordable.eats: KARRINGMELK & KLAPPER BESKUIT Bestanddele: 8 koppies koekmeel 8 teelepels bakpoeier 1 teelepel sout 250 gram botter of margarien, kamer temperatuur 1 vol koppie wit suiker 1 vol koppie klapper 2 koppies (500 ml) karringmelk 2 eiers ½ koppie olie Metode: Verhit jou oond tot 190°C. Smeer jou beskuitpanne goed en sprinkel koekmeel bo-oor en skud die oortollige koekmeel uit. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. Roer die suiker en klapper by die koekmeelmengsel in. Vryf die botter met jou vingers in die mengsel in totdat dit soos growwe broodkrummels lyk. Klits die 500 ml karringmelk, eiers en olie saam in ’n aparte bak. Gooi die vloeistof by die koekmeelmengsel en meng tot ‘n deeg. Druk dit plat in die pan en jy kan ook jou hande smeer met margarien. Bak vir 45 - 50 minute teen 190°C tot goudbruin. Myne het 1 uur en 10 minute gebak. Laat die beskuit afkoel en ten minste vir 3 ure staan. Sny stukke, en droog dit uit in ’n oond teen 70°C - 80°C vir sowat 5 - 6 uur met die oonddeur op ’n skrefie. #fyp #rusks #coconut #teatime