@omdiekombuistafel: MAKLIKE BESKUIT As jy nog nooit beskuit gemaak het of opsoek is na 'n maklike beskuitresep, is hierdie resep vir jou! B E S T A N D D E L E · 1,5 kg bruismeel · 1½ teelepels bakpoeier · 2 teelepels sout · 500 g margarien · 2 koppies suiker · 2 eiers · 2 koppies lou water M E T O D E 1. Verhit die oond tot 180 ºC. 2. Meng die bruismeel, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. 3. Smelt die margarien en los die suiker in die warm margarien op. 4. Klits die eiers en lou water saam tot skuimerig. 5. Voeg die margarienmengsel en eiermengsel by die droë bestanddele en meng tot ’n sagte deeg. 6. Druk die deeg in gesmeerde beskuitpanne vas en sny die beskuit in groottes voordat dit gebak word. 7. Bak vir 35 minute, of tot goudbruin. 8. Breek die beskuit op die snylyne in stukke en droog uit op die oond se laagste temperatuur vir 4 ure. 9. Laat heeltemal afkoel en bêre in lugdigte houers. #omdiekombuistafel #beskuitresep #beskuit
I love how I'm learning what all these ingredient are in afrikaans. If I don't know what they are I Google it. Thank you for all the recipes.
2026-07-09 17:30:48
9
Success with Wilma :
Baie dankie. Ek gaan dit beslis probeer.
2026-08-19 10:28:37
3
Juffrou Stef :
dink dat karringmelk en regte botter die beskuit net lekkerder sal maak
2026-07-05 07:12:51
13
🌹Dina🌹 :
Waarom bakpoeier by bruismeel gooi!!?? Bruismeel is meel met bakpoeier!!
2026-07-05 11:18:23
4
M.K 👗💗🎶🌈🌈🌈🌈🌈🌈 :
baie danki sit lyk easy excited wil more.
2026-07-06 08:13:28
2
dudu bunting169 :
Nog nooit biskuit gebak. Waar kan ek die snyer kry vir die beskuit.
2026-07-05 07:11:30
2
user3664624058833 :
Dankie vir dienresep. Kan ek anys byvoeg?
2026-07-06 17:56:13
1
ladym :
waar kan ek die besuit sayer te koop kry en wat noem n mens dit
2026-07-26 12:39:34
1
Vee :
waar kan ek so n pan kry?
2026-07-05 16:35:20
1
Pheladi_17 :
1kg is how many cups dear
2026-07-06 08:22:16
1
Djbakkies Blad :
Jy Kan ook die volgende by Gooi en verskillende soorte beskuit maak
1. Baie anys by
2. Fruit mix & neute
3. Choc chips
4. Sultanas
5. Gebruik 1 koppie all bran meel en half koppie koek meel
6. Maak dit Jou eie resep en sit in wat jy wil...
2026-07-13 17:08:30
8
Rika Taljaard :
Hoeveel grade in n gas oond asb
2026-07-05 06:29:50
0
kelebogile701 :
Hoeveel koppies maak 'n 1 kilogram
2026-07-06 08:06:15
1
Sandra :
dankie vrou ek dit sal rerig probeer
2026-07-05 18:20:18
1
Jason Jefferies :
I just want to sat thank you I have never made rusks and I've just made this recipe and I will never buy rusks again wow amazing I know they won't last long lol
2026-07-09 19:54:09
0
hadasa star :
Moet dit die Gideon Milling meel wees?
2026-07-05 06:03:04
0
God,s own :
Dankie!!!
2026-07-06 17:40:39
1
Elmarie Jantjies :
Lyk heerlik. Waar kan ek so beskuit snyer koop.
2026-07-05 11:34:01
3
Magdalena Louw :
Het al redelik beskuit gebak in my lewe, maar hierdie een lyk lekker lui! Gaan hom probeer.
2026-07-05 11:29:07
1
🌻Tasha🌻 :
may I ask where you bought your rusk cutter.. I am looking everywhere for one..🙏🙏🙏
2026-07-19 14:19:53
1
Poepies19 :
baie dankie, Droog dit ook Vir 4h in 'n thermal fan oond?
2026-07-13 21:29:40
0
Motshidisi :
Baie dankie vir die resep 🙏
2026-07-05 16:40:49
2
hildago :
Kan jy karringmelk in sit
2026-07-05 03:37:12
4
Belinda :
Ek maak myne met Amazi in plaas van water.Hoe proe die beskuit soos jy dit maak, dankie vir jou resep.
2026-07-05 06:19:38
3
To see more videos from user @omdiekombuistafel, please go to the Tikwm
homepage.