@omdiekombuistafel: BOONTJIESOP 'n Lekker pot boontjiesop vir die koue weer! B E S T A N D D E L E · 1 kg skaap- of beesvleis · 1 teelepel sout · 1 teelepel witpeper · 3 knoffelhuisies, fyngekap · 2 selderystingels, gekap · 1 ui, grofgekap · 1 biefblokkie · 2 liter water · 1 pakkie gedroogde boontjies · 1 aartappel, gerasper · 3 wortels, gerasper · sout en swartpeper na smaak M E T O D E 1. Braai die vleis in ’n bietjie olie tot bruin. Geur met die sout en witpeper. 2. Voeg die knoffel, seldery en ui by en braai vir 2 minute saam. 3. Krummel die biefblokkie oor en voeg die 2 liter water by. 4. Sit die deksel op en prut vir 1 uur, of totdat die vleis sag is. 5. Terwyl die vleis kook, week die boontjies vir minstens 60 minute in koue water. 6. Voeg die gerasperde aartappel en wortels by die vleis. Voeg nog 1 koppie water by en prut verder. 7. Dreineer die boontjies en kook dit in soutwater vir 20-30 minute, of totdat dit sag is. 8. Druk die boontjies met die water waarin dit gekook het met ’n aartappelstamper fyn. 9. Voeg die boontjiemengsel by die sop en roer goed deur. 10. Proe vir sout en swartpeper. Voeg ekstra water by indien die sop te dik is. 11. Prut vir ’n laaste 15-30 minute sodat die geure mooi kan ontwikkel. 12. Roer gereeld, aangesien die sop maklik kan aanbrand. #omdiekombuistafel #boontjiesop #boontjiesopresep
omdiekombuistafel
Region: ZA
Saturday 04 July 2026 18:54:36 GMT
Music
Download
Comments
🧊Gin&Tonic🍋🟩 :
hiers 'n tip....gooi so 2 lepels koeksoda by jou boontjies wanneer jy dit soak. spoel dan af, dit laat die boontjies lekker sag kook en minder gas
2026-07-04 20:05:27
15
leoniswanepoel72 :
jou musiek is te hard
2026-07-05 06:58:43
5
Blessed :
Lovely yummy soup
2026-07-05 07:25:16
0
Mel Davis :
Ek love die musiek! 🥰
2026-07-05 16:27:59
0
Ria Liebenberg :
Dit lyk nou Baie lekker 😋
Dankie vir die resep 🌹
2026-07-05 12:15:38
0
💞💥MARYLICIOUS💥💞💞💖💥 :
Daai lyk heererlik
2026-07-05 08:26:07
0
Ghee :
Oe lekker, musiek us te hard😁
2026-07-05 12:21:46
0
Christa du Preez :
hkm harde musiek. kan niks hoor
2026-07-05 10:12:56
0
REENA :
thank you for this tip
2026-07-05 04:18:50
0
Carina Schmidt :
Oe dit lyk lekker!
2026-07-05 04:57:23
0
Biltong :
Baie dankie !!🤗🤗
2026-07-05 05:28:42
0
❌🌺 RESTORE 🌿 :
dankie 💕
2026-07-05 13:02:14
0
A3Boshoff :
Jy kan boontjie sop
kook .Wa bly jy ek wil saam jou van di heerlike sop kom eet Gaan som vandag my gaan goef koop en more kook.El mal oor boone sop🤣
2026-07-05 05:55:09
0
baki :
🙏🙏🙏
2026-07-05 08:15:44
0
Roger Muller :
🥰🥰🥰
2026-07-05 14:26:56
0
bubbels :
😋😋😋
2026-07-05 09:04:30
0
To see more videos from user @omdiekombuistafel, please go to the Tikwm
homepage.