@omdiekombuistafel: BOBOTIE Maak hierdie bobotie met eenvoudige bestanddele uit jou koskas. B E S T A N D D E L E · 2 snye witbrood · 375 ml melk · 25 ml olyfolie · 10 ml botter · 2 uie, fyngekap · 3 knoffelhuisies, fyngekap · 30 ml kerriepoeier · 45 ml blatjang · 30 ml bruinasyn · 15 ml Worcestersous · 15 ml borrie · 1 kg maalvleis · handvol ontpitte rosyne · 10 ml sout · 3 eiers · 4 lourierblare M E T O D E 1. Verhit die oond tot 180 °C. 2. Week die brood in die melk. 3. Verhit die olyfolie en botter in ’n groot pan en braai die uie tot sag en deurskynend. 4. Voeg die knoffel en kerriepoeier by en braai vir 1 minuut. 5. Voeg die blatjang, bruinasyn, Worcestersous en die helfte van die borrie by. Meng goed deur. 6. Voeg die maalvleis en sout by en braai tot gaar. 7. Druk die melk uit die brood en hou die melk eenkant. 8. Meng die brood en rosyne by die maalvleismengsel. 9. Haal die pan van die hitte af en roer 1 eier vinnig by die maalvleismengsel. 10. Skep die mengsel in ’n gesmeerde oondbak en pak die lourierblare bo-op. 11. Klits die oorblywende 2 eiers saam met die geweekte brood se melk en die res van die borrie. 12. Giet die eiermengsel oor die bobotie. 13. Bak vir 30-45 minute, of totdat die bobotie goudbruin en gestol is. #omdiekombuistafel #bobotie #bobotieresep
Môre. Is dit moontlik kan u asb vir my die resep stuur asb. Geniet u dag😁
2026-07-07 03:23:02
0
Annie :
Dankie, ek het jou resep gevolg en dit was amazing 😍 defnitief n wenner.
2026-07-06 19:12:31
0
❣️Sue❣️ :
Dankie dit lyk heerlik!
2026-07-06 12:49:33
0
Sebolelo Rankoko :
thanx for the recipe I'm definately going to try it looks lekker
2026-07-07 05:03:08
0
Sonia andrews :
Delicious food
2026-07-07 01:09:06
0
Belinda Benjamin :
My late mother was the queen of Bobotie...I found her recipe, tried it & in all honesty atleast it was edible. Nevertheless, your recipe is much easier, I'm going to try it👍
2026-07-07 01:37:52
0
roseleen blignaut :
Yummyyyyy yummyyyyyyy
2026-07-06 23:52:40
0
AvZyl :
🤗🤗🤗
2026-07-06 23:12:03
0
Boland :
🥰🌹🥰
2026-07-07 07:50:11
0
To see more videos from user @omdiekombuistafel, please go to the Tikwm
homepage.