@lekkerweskus: Hake Bake. Vanddag maak ons ʼn lekker warm Stokvis Aartappelbak. Met die koue wat stadig inkruip is warm geregte soos die al hoe meer welkom in ons huis. Die resep is uit my Lekker Weskus kookboek, maar met een klein verandering. In plaas van bruin uie, gebruik ons vandag die heerlike soeter ui van @dutoit_agri , die Sjalot. Beskikbaar by enige @checkers_sa Wat jy benodig vir die resep is: 4 tot 6 aartappels. 4 sjalotte 400g stokvis filette 250ml Vars room 3 knoffel huisies gerasper 2 takkies roosmaryn 3 eetlepels growwe mosterd. Sout & swart peper. Olyfolie 4 eetlepels broodkrummels. 100g parmesaan kaas. Bak in ʼn voorverhitte oond teen 180 vir ʼn uur. Verhoog die hitte na 220 vir die laaste 20 minute. Hierdie resep lewer 4 tot 6 porsies. Jy kan ook die oondbak eers toe maak met foelie en heel onder in die oond sit. Na 30 minute, verwyder die foelie en skuif jou bak na die middel rak. Geniet hom. #lekkerweskus #DuToitAgri #hake #potatobake