@review_phim_full_bo: [Full-T1] Xuyên Không Thành Hoàng Tử Phế Vật: Phụ Hoàng, Con Muốn Cầm Binh!. #reviewfullbo #reviewphim #phimngan #phimai #xuyenkhong

review_phim_full_bo
review_phim_full_bo
Open In TikTok:
Region: VN
Wednesday 08 July 2026 00:46:48 GMT
3675
12
0
0

Music

Download

Comments

There are no more comments for this video.
To see more videos from user @review_phim_full_bo, please go to the Tikwm homepage.

Other Videos

My vrou, Lisa-Lodene Smith, of soos baie van julle haar op sosiale media ken, boervrousmithie, is onlangs in die hospitaal opgeneem nadat sy ernstig deur ’n bul beseer is terwyl ons met die beeste gewerk het. Sy is tans in die Malmesbury-hospitaal, waar sy vir die week sal bly. Soos baie van julle weet, is sy ook 20 weke swanger. Sy moes Dinsdagaand teater toe gaan, en Woensdag het ons saam met die ginekoloog ’n skandering gedoen. Ek kan gelukkig en met groot dankbaarheid sê dat Lisa-Lodene én ons baba Smithie ok is. ❤️🙏 Die baba is glad nie deur die ongeluk geaffekteer nie en is gesond. Dit is vir ons ’n ongelooflike groot verligting en iets waarvoor ons baie dankbaar is. Sy ontvang tans behandeling en kry baie fisioterapie om te help met die ernstige beserings. Die pad na herstel gaan egter nie hier eindig wanneer sy uit die hospitaal kom nie. Ons is gelukkig om medies gedek te wees, en die hospitaaluitgawes word tans deur ons mediese fonds gedek. Ons mediese fonds se voordele is egter reeds uitgeput, en ons weet dat daar vorentoe heelwat bykomende kostes gaan wees — opvolgafsprake by dokters, wondversorging en skoonmaak, fisioterapie, verdere behandeling en gereelde besoeke aan die ginekoloog weens die erns van die besering en haar swangerskap. Ons boerdery is ook meer as 100 km van die naaste dorp met behoorlike mediese sorg, en ons ginekoloog is meer as 400 km van die plaas af. Die reis- en verblyfkostes gaan dus ook ’n groot deel van die herstelproses wees. Daarom vra ek vandag nederig vir enigeen wat bereid is om ons finansieel te ondersteun gedurende Lisa-Lodene se herstel. Enige bydrae, groot of klein, sal ongelooflik baie beteken. ❤️ Ons wil ook net uit die diepte van ons harte baie, baie dankie sê aan elke persoon wat vir Lisa-Lodene gebid het, haar besoek het, kos gebring het, klere gebring het, kussings gebring het, of op enige ander manier langs ons gestaan het. Ek weet eerlikwaar nie hoe ons ooit vir almal dankie kan sê nie. Die liefde, gebede en ondersteuning wat ons die afgelope paar dae ontvang het, het vir ons meer beteken as wat woorde ooit kan beskryf. Ons het nog ’n lang pad voor ons, maar ons stap hom dag vir dag — met geloof, hoop en baie dankbaarheid. Baie dankie vir elke gebed, elke boodskap, elke besoek en elke bietjie ondersteuning. ❤️🙏

About