@mybekken: Ons leef in ’n wêreld waar sterker altyd beter klink. 💪 Maar jou bekkenvloer werk nie alleen nie. Hy werk saam met jou asemhaling. Jou diafragma. Jou buikspiere. Jou senuweestelsel. Wanneer hierdie “span” nie meer saam beweeg nie, raak die hele stelsel minder doeltreffend. 🤍 Daarom fokus ek nie net op krag nie. Ek fokus op koördinasie. Want ’n spier wat op die verkeerde tyd saamtrek, kan net soveel probleme veroorsaak as ’n spier wat te swak is. Sterk beteken nie altyd funksioneel nie. 🌷 Ons doel is nie die sterkste bekkenvloer nie… …maar ’n bekkenvloer wat op die regte tyd, saam met die res van jou liggaam, beweeg. #MyBekken #pelvicfloor #PelvicHealth #womenshealth #Asemhaling