@lekkerweskus: Rooiwyn Brownies met Alto Shiraz 🍷 Die @altowineestate Shiraz sny reg deur al daai sjokolade en botter, so dit bly ryk maar nooit te soet nie. Donker vrugte en 'n bietjie diepte wat jy nie van sjokolade alleen kry nie. Dis 'n grootmens brownie. Bestanddele Vir die wyn reduksie: • 200ml Alto Shiraz • 20g strooisuiker Vir die brownies: • 200g donker sjokolade (60 tot 70%), opgekap • 150g botter • 200g strooisuiker • 3 groot eiers • 1 tl vanielje geursel • 90g koekmeel • 30g kakaopoeier • ½ tl sout Metode Prut die Alto Shiraz met die suiker tot dit tot ongeveer 3 of 4 eetlepels stroop verminder het (8 tot 10 min). Laat heeltemal afkoel. Dit moet koud wees voor dit by die eiers kom. Voorverhit die oond tot 175°C (155°C lugverhit). Voer 'n 20cm vierkantpan uit met bakpapier en los oorhang om later uit te lig. Smelt die sjokolade en botter saam tot glad. Laat 'n paar minute afkoel sodat dit warm is, nie warm warm nie. Klits die suiker, eiers en vanielje tot bleek en effe verdik (1 tot 2 min). Dít gee die blink kors. Klits die sjokolademengsel by, dan die afgekoelde wyn reduksie. Sif die meel, kakao en sout oor en vou net in tot geen droë strepe oorbly nie. Moenie oormeng nie, anders word dit koekerig. Skep in die pan. Bak by 175°C vir 22 tot 26 min. Trek dit uit wanneer 'n sosatiestokkie met klam krummels uitkom, nie skoon nie. Die middel moet effe onder gebak lyk. Laat heeltemal afkoel in die pan (minstens 'n uur, of verkoel) voor jy dit uitlig en sny. Sny met 'n warm, afgevee mes vir skoon rande. Stuur die video vir iemand wat hierdie resep sal geniet. . . #lekkerweskus #brownies #alto

Lekker Weskus
Lekker Weskus
Open In TikTok:
Region: ZA
Friday 31 July 2026 15:21:45 GMT
5522
108
1
28

Music

Download

Comments

east_afternoon
Georgia East :
Sooo good! 🔥🔥🔥
2026-08-02 10:09:32
0
To see more videos from user @lekkerweskus, please go to the Tikwm homepage.

Other Videos


About