@houseofaltun: ‼️ DIE MAKLIKSTE FUDGE WAT JY OOIT SAL MAAK ‼️ Geen fancy bestanddele nie. Geen ingewikkelde tegnieke nie. Net 4 bestanddele en ’n paar minute op die stoof! 😍 Hierdie fudge is romerig, sag en so lekker dat jy jouself gaan moet keer om die hele bak op te eet! 😂 🍫 Bestanddele • 125 g botter • 1 blik kondensmelk • 2 koppies versiersuiker • 1 teelepel vanieljegeursel 👩🍳 Metode 1️⃣ Meng die botter, kondensmelk en versiersuiker saam in ’n pot. 2️⃣ Kook vir 10–12 minute, terwyl jy aanhoudend roer, totdat die mengsel begin om van die kante van die pot weg te trek. 3️⃣ Haal van die stoof af en voeg die vanieljegeursel by. 4️⃣ Klits met ’n elektriese klitser vir 2–3 minute, totdat die fudge sy glans verloor. 5️⃣ Gooi in ’n gesmeerde of uitgevoerde bak en laat dit vir ongeveer 2 ure stol. 6️⃣ Sny in blokkies… en geniet! 🤤 💾 SAVE hierdie resep — jy gaan dit weer wil maak! Tag iemand wat ABSOLUUT MAL is oor fudge! 🤎. #foryoupage #fyp #foryou #fypシ #EasyRecipes @Huletts South Africa @Robertsons Herbs & Spices @Checkers South Africa @kykNET @VIA