@digsuster: Ek sit al maande op hierdie song. En die afgelope week het social media my laat besef hoekom ek hom nie langer wil hou nie. “We don’t have time for the drama today.” Want as daar een ding is wat Suid-Afrikaners uitstekend kan doen, is dit om oor alles ’n opinie te hê. Ons kla, ons stry, ons tease mekaar, ons maak ’n groot ding uit die kleinste dinge… en vyf minute later sit ons weer om dieselfde vuur. Ons is ook nogal goed daarmee om deur absolute chaos te leef en dit somehow teen vanaand in ’n grap te verander. Ek dink dis een van my gunsteling goed van ons. Ons het al deur baie gegaan. Ons cope. Ons maak ’n plan. Ons lag wanneer dinge absurd raak, en volgens my het Suid-Afrikaners van die beste humor in die wêreld juis omdat ons geleer het om nie elke moeilike ding die laaste woord te gee nie. Maar laat iemand van buite af na een oomblik kyk en besluit hulle verstaan skielik wie ons is, hoe ons leef, of wat ons behoort te vrees, dan raak dit skielik baie duidelik dat wanneer jy met een van ons mors, jy met almal van ons mors.. Want jy kan vir Suid-Afrikaners baie sê, maar ons hou nie daarvan as iemand van buite af ons eie land vir ons probeer verduidelik nie. Wat vir iemand anders soos chaos lyk, is vir ons baie keer net lewe. Ons weet wat hier aangaan. Ons leef dit elke dag. Ons het lankal geleer hoe om deur die vreemde, die absurde en die soms totaal belaglike goed te beweeg sonder om vir alles te gaan lê en bewe. En dis waar daai houding inkom: Hamba kaloku. Suka apha. Vat jou nonsens en trek. Toe besef ek hierdie song gaan eintlik oor baie meer as net drama. Dis oor daai baie spesifieke Suid-Afrikaanse manier van wees. Ons kan mekaar mal maak, maar die oomblik wat iemand anders probeer, raak ons skielik familie. So na maande van mense wat vra wanneer hierdie een kom… My foon is op silent. My naweek’s begun. No bad vibes allowed in my zone. Ek dink dis tyd. VOETSEK - oppad na alle streaming platforms. ZA #SouthAfrica #Mzansi #SouthAfricanHumour #SouthAfricanMusic #Voetsek

Digsuster
Digsuster
Open In TikTok:
Region: ZA
Saturday 05 September 2026 10:39:36 GMT
20732
1605
104
388

Music

Download

Comments

donjagz7
Don Jags945 :
This should be our National Anthem...😂😁😅
2026-09-06 04:45:08
1
sergiodebarros
🇿🇦sergio𓂀 :
This one🫵🩷🖤
2026-09-05 10:44:23
3
chrissie.100
Chrisie✨ :
Awesome song. Voetsek to the drama! 🎉🎉
2026-09-06 17:10:47
0
hein.holton
Hein Holton :
Ia m so proud !!!!
2026-09-06 11:15:10
0
1.themarius.1
❤️‍🔥👑 TheMarius❤️‍🔥👑 #Army :
I LOVE THIS 👑💕
2026-09-06 19:29:05
0
jacquesvandyk950
The Jacques :
wow fkn wow💪
2026-09-05 11:08:02
2
gezellevermeulen
Gezelle Vermeulen :
love dit ♥️♥️🇿🇦🇿🇦🇿🇦🇿🇦
2026-09-05 10:44:43
1
drewza_15
Drewza_15🧐❤️ :
DIS 'N TREFFER EK HOU BAIE VAN DIT EK LOOOOOVE DID 😇🥰😋
2026-09-05 17:18:04
1
wilgedraai
user5745698777411 :
Wanneer kan ons die lied aflaai? YouTube, ITunes?
2026-09-06 06:39:41
1
zellie1980
乙ellie :
Lovit!!!
2026-09-06 20:56:21
0
thisistherealcarina
Carina ✝️ :
LOVE DIE!!!!!!
2026-09-06 19:38:29
0
ruan.rautenbach89
Ruan Rautenbach :
hou op😍💙💙😍
2026-09-06 19:58:00
0
lea0649
Lea :
Well said!!!
2026-09-05 11:42:53
0
ruan.rautenbach89
Ruan Rautenbach :
jy bring alles tafel toe 🌸🌸🌸🌸
2026-09-06 19:58:51
0
marthinusstoop338
Marthinus Stoop 🇿🇦 :
Jy slaan die spyker op die kop met die een.Jy is nou maar net eenvoudig 'n amazing skrywer..love die song🥰
2026-09-06 11:22:12
0
oranjeertjie
OranjeErtjie :
ons love jou musiek....awesome 🥰
2026-09-06 15:58:01
0
leone1717
leone1717 :
Wats die song se naam op Spotify?
2026-09-05 23:44:25
1
lidiabezuidenhout
lidipoo :
love
2026-09-06 13:41:27
0
ingridbauer539
Ingrid Baur 🇿🇦🇩🇪 :
2026-09-06 17:51:02
0
To see more videos from user @digsuster, please go to the Tikwm homepage.

Other Videos


About