@digsuster: Wat van môre- beskikbaar teen die naweek. Jy ontmoet iemand in ’n kuier plek, julle click, die aand loop weg en vir daai paar ure wil jy nie eintlik aan môre dink nie. Last round word geroep... en die ligte gaan aan. En dis waar daai weird gevoel inkom. Gaan ons mekaar môre weer sien? Wil ons mekaar nog hê wanneer dit nie meer net musiek, donker ligte en ’n lekker aand is nie? Is daar actually iets hier, of was dit net vanaand? Dis daai gevoel wanneer jy nog nie gereed is vir die aand om klaar te wees nie, want sodra julle by daai deur uitstap, moet julle besluit wat hierdie nou eintlik was #SuidAfrikaansemusiek #Afrikaansetreffers #NuweMusiek #Liedjieskrywer #Digsuster