@houseofaltun: 🍫 MY MA SE MARIE-BESKUITJIE BROWNIES 🍫 Vandag wys ek julle hoe om die lekkerste Marie-beskuitjie brownies te maak — net soos my ma dit al die jare vir my gemaak het! ❤️ Die beste deel? 🤤 ⏱️ Minder as 10 minute om aanmekaar te slaan 💰 Kos minder as R100 🍫 Geen ingewikkelde bestanddele nie ❤️ Die perfekte soet bederf vir die familie! 🛒 Bestanddele • 500 g versiersuiker • 4 ophopende eetlepels kakaopoeier • 2 pakkies Marie-beskuitjies • 1 koppie (250 g) botter, gesmelt • 2 groot eiers • 2 teelepels vanieljegeursel 👨🍳 Metode 1. Sif die droë bestanddele Sif die versiersuiker en kakaopoeier saam in ’n groot mengbak. 2. Breek die Marie-beskuitjies Plaas die beskuitjies in ’n deursigtige sakkie en breek dit met ’n koekroller in growwe stukke. Moenie dit te fyn maak nie — jy wil daardie lekker stukkies beskuitjie nog kan proe! 🤤 3. Meng die nat bestanddele Voeg die gesmelte botter, eiers en vanieljegeursel by die kakaomengsel. 4. Klits tot glad Gebruik ’n handmenger en klits totdat jy ’n gladde, dik mengsel het. 5. Voeg die Marie-beskuitjies by Gooi die gebreekte beskuitjies by die sjokolademengsel en vou dit goed deur met ’n spatel totdat alles mooi bedek is. 6. Druk dit vas Skep die mengsel in ’n gesmeerde bak en druk dit stewig plat en gelyk. 7. Verkoel & geniet! ❄️🍫 Plaas dit vir 2 uur in die yskas om goed te stol. Sny in blokkies van jou keuse en geniet! As jy dit maak, laat weet my hoe dit uitgekom het! 👇. #fyp #foryoupage #foryou #fypシ #EasyRecipes @Huletts South Africa @Checkers South Africa @Huisgenoot @Robertsons Herbs & Spices @kykNET @sarie_tydskrif @rooi rose @_miss_sunel_
Everything was going so well until you said,"did ryp ouderdom van 30" 👀 😂
2026-09-27 18:24:18
3
JossieL🌼 :
die eiers is rou
2026-09-27 17:13:50
7
Johan Clack :
30,okay
2026-09-27 21:42:07
0
Nicolette :
Eks allergies vir eiers Hu maak nou
2026-09-27 22:58:24
1
Maggie Porobich 🇿🇦 :
Maar die eiers is dan nog rou
2026-09-27 20:40:29
2
.M. :
2026-09-28 05:51:49
1
Kwagga :
jy moet hom bak
2026-09-28 16:51:56
0
Ans :
wat van die rou eier daarin... of verstaan ek verkeerd... moet dit nie gebak word nie. lyk so lekker...
2026-09-27 18:04:38
2
_miss_sunel_ :
DIE Lekkerste ❤️🍪 🤌🏼 ❤️🍪 🤌🏼 ILYSM
2026-09-27 17:44:07
1
Chantelle Van Ren585 :
Off point ...ek like jou jeans...
2026-09-28 19:26:53
1
yumnabrenner :
A must try it’s also a lekker quick snack and those who ask about the raw eggs in the recipe well we eat mayonnaise who consist of raw eggs
2026-09-28 08:51:23
1
Alex :
Ek maak myne dieselfde, maar ek smelt botter in pot en roer alles goed dan kom die Marie beskuitjies heel laaste in, maar dan moet mens vinnig want die kakao mengsel stol vinnig. Dis hoe ek geleer het om dit te maak, maar nou gaan ek beslis die ongekookte manier ook probeer. 👌
2026-09-28 16:28:13
1
Audrey :
Lyk lekker gaan dit probeer
2026-09-28 09:48:44
1
Juan-Pierre :
Hi naand, maak jy die cocai poier self of koop maar groot maay
2026-09-27 20:11:21
1
AwieQ :
Dankie vir al jou lekker resepte!!! Ek waardeer.
2026-09-28 18:38:17
1
Legacy_Mamma 0614046833 :
Sjoe dit klink mos nou lekker
2026-09-27 18:11:04
1
Gina :
Lyk watertand lekker 😋
2026-09-27 17:52:28
1
_miss_sunel_ :
2026-09-27 17:45:27
2
Jenni 🌺 :
we call it chocolate salami 😁
2026-09-27 19:57:47
1
user22233367 :
Thank you for sharing 👍
2026-09-27 21:33:11
1
Judz :
Dankie ek sal dit more probeer.
2026-09-27 18:31:47
1
🩷BLUE HEELER MOM🩷 :
Ek maak myne altyd so... ek hou gladnie van gebakte brownies nie[Big LOL]
2026-09-27 18:50:50
1
Ansie :
die rou eier maak niks,dit is vrek lekker,ek het soortgelyke resep,my resep vat 250 gram 70% fat rama margarine gesmelt,500 gram versiersuiker,3 eetlepels cacoa meng saam,klits 1 teelepel vanilla essence saam met 1 groot rou eier en meng by,laaste 1 pakkie marie gebreek soos in die video daarby en meng goed,plaas in yskas om te set en sny in blokkies,regtig baie lekker.
2026-09-27 21:45:15
1
Imtiaz_Isaacs :
My Dutch friend and I made something similar to this, it was called arretjescake
2026-09-27 17:32:57
1
Spokie :
Ek sit Oats, rosyne en gekapte neute by en gebreekte Tennisbeskuit by dieselfde Cacao mengsel, my eie gesondheids stafie😁
2026-09-27 16:36:25
1
To see more videos from user @houseofaltun, please go to the Tikwm
homepage.