@henricusgysman: “Baie mense het ek wat jou ondersteun” Antie Rose ‘n Groep senior burgers het in Bridgton op antie Rose se stoep Dominos gespeel en met groot opgewondenheid gewag vir Henricus Gysman, DA Burgemeesterskandidaat, Groter Oudtshoorn Munisipaliteit. Die liefde was opreg en al wat hulle gevra het is dat die Munisipaliteit moet regkom en werk vir die gemeenskap, want hulle is bekommerd oor wat in ons gemeenskappe aangaan. Maak regte keuses en maak soos ons senior burgers wat weet dat die DA die hoop is wat Oudtshoorn, Dysselsdorp, De Rust en omgewing nodig het. #KomPadToe #VoteDA #DeRust #Dysselsdorp #Oudtshoorn