@mybekken: Kom ons begin by iets waaroor ek die laaste ruk baie vrae kry: ’n cystocele. 🌸 ’n Cystocele is wanneer die blaas en die weefsel tussen die blaas en vagina na onder begin bult. Maar hoe weet jy dit gebeur dalk met jou? Jy kan byvoorbeeld ervaar: 💧 ’n Gevoel van druk of swaarte in die vagina/bekken 💧 Die gevoel dat iets “afsak” of uitdruk 💧 ’n Bulting of iets wat jy voel, veral teen die einde van die dag 💧 Jy moet soms meer gereeld urineer 💧 Jy sukkel om jou blaas heeltemal leeg te maak 💧 Jy moet dalk jou posisie verander of ’n bietjie druk om die blaas leeg te kry 💧 Of jy kan selfs lekkasie hê. Maar hier is die interessante deel: Die grootte van die cystocele en die hoeveelheid simptome stem nie altyd ooreen nie. ’n Klein cystocele kan vir een vrou baie ongemaklik wees, terwyl ’n groter een vir ’n ander vrou skaars simptome gee. Daarom kyk ek as fisioterapeut na die hele prentjie – nie net na die prolaps self nie. As jy al ooit gewonder het: “Is hierdie wat ek voel dalk ’n prolaps?” Jy is beslis nie alleen nie. ❤️ Het jy al ooit een van hierdie simptome ervaar? 🌸 #MyBekken #vrouegesondheid #prolapse #pelvicfloor #pelvicfloorphysio

MyBekken
MyBekken
Open In TikTok:
Region: ZA
Thursday 01 October 2026 09:30:16 GMT
1208
40
1
7

Music

Download

Comments

okkiekettiesgail
Okkie Ketties :
🥰🥰🥰
2026-10-06 16:43:17
1
To see more videos from user @mybekken, please go to the Tikwm homepage.

Other Videos


About