@affordable.eats: APPELKOOS BOTTER KOEKIES VIR STEMPELS Koekie Stempels R299 by Takealot daar is pienk en groen. Bestanddele: 225 g botter of margarien, kamer temperatuur (onversout werk die beste) ½ koppie strooisuiker of versiersuiker (versiersuiker gee ’n ekstra gladde oppervlak vir stempels) ¼ koppie fyn appelkooskonfyt 1 teelepel vanielje geursel 2 ½ koppies koekmeelblom 2 eetlepels mielieblom (Maizena) – dit help laat hy sy vorm hou ’n knippie sout Metode: Klits die botter en strooisuiker/versiersuiker saam tot lig en romerig (moenie oormatig klits sodat te veel lug ingewerk word nie). Voeg die fyn appelkooskonfyt en vanielje geursel by en meng goed deur tot glad. Sif die koekmeel, mielieblom en sout saam. Voeg dit by die bottermengsel en meng net tot ’n sagte, hanteerbare deegvorm. Vorm die deeg in ’n blok, draai dit in kleefplastiek toe en sit dit vir ten minste 1 uur in die yskas om styf te word. Rol en Stempel: Voorverhit die oond tot 180°C en spuit jou pannetjies net die eerste keer met kossproei. Deel die deeg in twee. Rol die deeg uit op ’n koekmeelbestrooide oppervlak, gooi genoeg koekmeel en op jou koekroller en rol die deeg ongeveer 5 mm - 6 mm dik. Doop jou stempel liggies in ’n bietjie koekmeel of meelblom (skud die oortollige meelblom af) en druk die patroon ferm en egalig in die deeg. Druk die koekievorm met ’n bypassende koekiedrukker uit en lig versigtig op na die bakplaat. Vries voor bak (Geheim vir skerp lyne): Plaas die vol bakplate vir 10 minute in die vrieskas voor dit oond toe gaan. Ek het myne in die yskas geplaas. Dit keer dat die botter te vinnig smelt en die stempelpatroon vervaag. Bak teen 180°C vir 12 - 15 minute totdat die kante net effens liggoud begin verkleur. Die bokant moet lig bly sodat die stempel mooi sigbaar is. Laat staan vir 5 minute op die bakplaat om te set voor jy dit op ’n draadrakkie laat koud word. Lewer 48 koekies. #fyp #cookies #appelkooskoekies #cookiestamp #followers➕