@die.plaas.tafel: HERDERSPASTEI 🥧 🐑 BESTANDDELE Vir die Vulling: 30 ml (2 e) olie of botter 1 ui, fyngekap (opsioneel) 1 t knoffelspeserye 500 g maalvleis 200g gesnipperde spek 15 ml koekmeel 1 koppie beesaftreksel 1 e worcestersousspeserye 1/4 k blatjang 1/2 k tamatie en uiesous Vir die Bolaag: 4 tot 5 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny 3 e botter ¼ k warm melk 100 g gerasperde kaas Knippie sout en swartpeper METODE: Kook die aartappels in soutwater tot sag (ongeveer 15-20 minute). Dreineer die water. Voeg die botter, warm melk by, en druk fyn tot ‘n gladde, romerige tekstuur. Roer die helfte van die kaas, sout en n bietjie peper by en hou eenkant. Voorverhit die oond op 180 ºC. Verhit die botter in ‘n groot pan. Braai die ui en spek met knoffelspeserye tot die ui sag is en die spek bros is. Voeg die maalvleis by, asook worcestersous speserye en braai tot bruin. Voeg die beesaftreksel by en laat kook vir ongeveer 8 minute. Roer die blatjang en tamatie en uiesous by. Strooi die meel oor en roer goed. Laat vir 10minute prut tot die sous lekker dik is. Skep die vleismengsel in n gesmeerde oondbak (20x30cm). Smeer die aartappels eweredig bo-oor die vleis. Gebruik n vurk om n paar patrone op die aartappels te maak. Strooi die oorblywende kaas bo-oor en bak vir ongeveer 15minute totdat die bokant mooi goudbruin is, en die sous borrel. Laat n biejie afkoel voordat dit bedien word. -Geniet 😁 #herderspastei #shepardspie #maalvleis #mincedmeat #kos
die PLAAS tafel
Region: US
Wednesday 14 October 2026 16:53:11 GMT
Music
Download
Comments
Suzette Van der westhuizen :
hi is dit beef blockie
2026-10-15 06:13:10
0
Digital Wife 0711373339 :
Psalm 23 is ook my gunsteling
2026-10-28 14:22:31
0
Desire | 0716814387 :
Oe dit lyk yummy sjoe
2026-10-16 14:36:12
0
Liezel 082*332*3338 :
Meeste families se gunstelling kos
2026-10-15 10:39:11
2
masala :
dankie ek Sal volgende keer bacon byvoeg ❤️
2026-10-15 11:49:06
2
KD :
dit lyk soooo lekker
2026-10-14 18:01:44
1
Cornelle | Droom Weer :
dit is een van my gunstelling geregte ook
2026-10-21 16:51:24
0
Annerien 🎀082🎀925🎀4609 :
Sjoe dit lyk heerlik!!!! Dit is my grootword kos!!!!
2026-10-26 03:50:58
0
Careen +264817498268🇳🇦 :
Ek dink jou ouma se kombuis![Heartwarming]
2026-10-16 14:09:27
0
Melinda 071🌼6090🌼268 :
My ma het dit altyd so lekker gemaak!
2026-10-15 17:26:43
1
Maureen November :
lekker
2026-10-15 09:30:03
1
To see more videos from user @die.plaas.tafel, please go to the Tikwm
homepage.