@swiftvee: KYK HIER: R1 MILJOEN VIR ’N SIMMENTALER BUL! Dit is nie elke dag wat ’n bul vir R1 miljoen verkoop nie! NV 24-12, Lot 1 op die Directors Sale, is deur Nico Venter aangebied en tydens die veiling vir R1 000 000 aan Rikus van der Westhuizen van Bergtop Simmentalers verkoop, ook 'n Nasionale rekord vir die Simmentaler-ras! Dié bul het 'n indrukwekkende skourekord en is geteel uit baie goeie bloedlyne. Rikus glo die bul gaan 'n groot aanwins vir Bergtop Simmentalers wees en ook goeie vervangingsdiere teel. Baie geluk aan Nico met die verkoop van dié besonderse bul en aan Rikus en die Bergtop Simmentalers-span met die aankoop van 'n TOP bul! #Simmentaler #DirectorsSale #R1MiljoenBul #NasionaleRekord #SwiftVEE