@affordable.eats: BELINDA SE KOEKSISTER-POEDING ’n Eg Suid-Afrikaanse bederf met ’n sagte, geurige spons wat deurdrenk word met Yskoue Koeksister Stroop. Yskoue Koeksister Stroop (Dubbele Hoeveelheid) (Maak hierdie eerste sodat dit yskoud is teen die tyd dat die warm poeding uit die oond of airfryer kom. Lewer sowat 5 ½ - 5 ¾ koppies stroop sodat daar oorgenoeg is om die hele poeding deur en deur nat te week.) Bestanddele: 5 koppies witsuiker 2 ½ koppies water 1 – 2 teelepels suurlemoensap, na smaak ¼ teelepel kremetart ¼ teelepel fyn gemmer poeier ½ teelepel vanielje geursel Metode: Plaas slegs die water en witsuiker in ’n kastrol oor matige hitte. Roer deurlopend totdat al die suikerkristalle heeltemal opgelos is en die vloeistof stomend warm is (moenie laat kook nie). Verwyder van die hitte en roer dadelik die suurlemoensap, kremetart, gemmer poeier en vanielje geursel by. Laat die stroop afkoel tot kamer temperatuur en plaas dit dan in die vrieskas tot dit yskoud is. Poeding-Beslag: Bestanddele: 2 koppies koekmeel 2 teelepels bakpoeier, nie opgehoop nie ¼ teelepel sout ½ – ¾ teelepel fyn gemmer poeier, na smaak ¼ koppie witsuiker 3 eetlepels botter of margarien, kamer temperatuur 2 groot eiers ½ koppie melk Metode: Room die botter en witsuiker saam tot lig en glad. Klits die eiers een vir een by tot ’n gladde, romerige mengsel. Sif die koekmeel, bakpoeier, sout en gemmer poeier saam in ’n aparte bak. Voeg die koekmeelmengsel en melk by die eiermengsel en klits tot ’n gladde beslag. Jy kan altyd nog ‘n bietjie melk byvoeg as jou deeg te styf is. Skraap die kante van die bak af en klits weer. Bakmetode 1: Oond (Groot Pyrex Reghoekige Tertbak) Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer jou grootste reghoekige Pyrex-tertbak deeglik met botter of spuit goed met kossproei. Skep die beslag in die bak en sprei dit mooi egalig en plat uit. Bak vir 20 – 25 minute tot goudbruin en deurgaar (moenie te lank bak nie, sodat die korsie sag bly en die stroop maklik kan intrek). Bakmetode 2: Airfryer (Beste vir lekker deurdrenkte tekstuur) Aanbeveling: Vul die bak slegs ¼ vol sodat die poeding nie te dik rys nie en die sous regdeur tot op die bodem kan trek. Spuit jou ramekin bakkies met kossproei. Skep die beslag in sodat die bakkie slegs ¼ vol is. Stel die airfryer op Bake teen 160°C vir 12 – 15 minute. Toets met ’n toetspen in die middel om seker te maak hy is gaar. Indien hy nog kleur soek, bak hom weer op Bake teen 180°C vir 2 – 3 minute tot mooi goudbruin. (As jy die bakkie halfvol maak, Bake by 160°C vir 20 minute en 180°C vir 3 minute, maar hou in gedagte dat hy dan baie meer stroop benodig sodat hy nie droog is nie.) Deurdrenking & Bediening: Sodra die poeding gaar is, steek dadelik die hele oppervlak dig vol gaatjies met ’n vurk of sosatiestokkie tot reg onder in die bodem. Gooi so 1 ½ koppies van die yskoue stroop bo-oor die warm poeding en wag dat hy intrek. Gooi dan weer 1 ½ - 2 koppies van die stroop bo-oor en laat hom staan vir ’n ruk sodat hy lekker diep kan intrek en deurweek word. Bediening: Maak jou porsie net weer warm of jy kan hom koud geniet, gooi ekstra Yskoue Koeksister Stroop bo-oor, indien verkies. Sit voor saam met Vanilla Roomys. Jy kan hom ook geniet saam met Ultra-Mel Vla of Styfgeklopte Room! Ekstra wenk: Sit ’n beker met die res van die Yskoue Stroop op die tafel sodat elkeen nog ekstra sous oor sy porsie kan gooi. Geniet elke happie! #fyp #koeksisterpoeding #dessert #airfryer #pudding

Belinda
Belinda
Open In TikTok:
Region: ZA
Sunday 18 October 2026 12:10:25 GMT
9792
209
6
73

Music

Download

Comments

mainey028
Mainey :
lyk yummy en dit lyk pragtig daar tussen die berge
2026-10-18 13:37:17
2
hanna_kriel29
HK_1960 :
Iets nuuts, lyk yummy 🤗
2026-10-18 12:43:59
1
martins.van.stade
Martins Van staden :
Lekker miskien te soet vir my
2026-10-19 04:43:43
1
To see more videos from user @affordable.eats, please go to the Tikwm homepage.

Other Videos


About