Hes :
Ja Arendt, ek weet jy leef net na die letter, en die letter is dood en maak dood. Jy weet dit tog. Die enigste waarheid is God se waarheid, en dit word ontvang deur die Heilige Gees, in sy Seun, Jesus Christus, nie deur google nie. Dis mensgemaak. Jy glo dat Jesus 'n fisiese mens was, wat nie die waarheid is nie. Die Bybel bewys in Joh 14:6 dat Jesus die WEG, die WAARHEID en die lewe is, nie 'n fisiese mens nie. Maar google of AI gaan vir jou sê Hy was 'n fisiese mens, want die Bybel is net in die geskryf wat geestelik wedergebore is.
In Handeling 24:14. word dit deur Paulus bewys,
Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien , terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is.
In Handelinge 24:14 word Paulus se geloof in die Weg deur ander as 'n sekte beskryf. Dit is belangrik dat dit 'n beskuldiging deur sy teenstanders was, nie dat Paulus self sy geloof as 'n sekte beskryf het nie. waarheid is God se waarheid.
2026-10-28 13:12:14