@pastorbrendastlm: 💔 Kan ’n Christen jou emosioneel mishandel? Net omdat iemand kerk toe gaan, bid, die Bybel ken en sê hulle is lief vir Jesus, beteken dit nie dat hulle altyd ander mense reg behandel nie. Emosionele mishandeling is nie altyd maklik om raak te sien nie. Dit kan wegkruip agter mooi woorde, manipulasie, skuldgevoelens en selfs Bybelverse. ❤️ Onthou, vergifnis beteken nie dat jy aanhoudende mishandeling moet aanvaar nie. Jy kan iemand liefhê, vir hulle bid en steeds gesonde grense stel. God se Woord is bedoel om ons te leer hoe om lief te hê, nie om ander mense te beheer of af te breek nie. Moenie opgee nie. Moenie ingee nie. Ons God is altyd aan die werk. 💜 #fyp #PsBrenda #abuse #fyp #creatorsearchinsights
pastorbrendastlm
Region: ZA
Saturday 14 November 2026 03:39:17 GMT
Music
Download
Comments
Trashinka Smythe :
Vir my is die moeilikste manipulasie. ek Kan dit nie verdra as mense manipuleer nie
2026-11-14 03:53:24
9
stone Amato :
Ek lewe dit dis hart seer als wat ek wil doen of deel word af gebeerk ja en als is my skild
2026-11-16 05:17:30
1
Juffrou Monique | Grade R & RR :
Dit gebeur eintlik orals. Jou video het my dadelik laat voel ek verbeel my nie. Werkplek is n groot plek vir emosionele aanvalle, as jy bid wanneer so mens by jou is dan moet jy weet dis gevaarlik.
2026-11-15 06:57:17
1
🧿 ♈R.o.s.S🍀🧿❌ :
En 'n pastoor wat Maandag tot Saterdag sondig, en op 'n Sondag wil hulle preek 🤦🏻
2026-11-15 11:40:13
0
nadiavanwyk409 :
Amen 🙏 Mense kan baie dinge se, maar die Here sien jou hart. Die vrugte wys vir ons. Dankie Here dat U in beheer is. Yes, vergewe, maar die persoon in jou lewe toelaat . . . no. Bid vir hulle, yes. Lord, bless them, heal them and guide them. Amen Dankie pastoor, mens is so maklik om iemand te glo veral as hulle se hulle is n Christen.
2026-11-14 05:21:57
4
Susan Stols :
Hul manipuleer met God se woord. Dankie Here ek onderskei vinnig. Word gereëld misbruik om geld te gee. God beskerm my altyd
2026-11-14 21:42:42
1
MARAAI :
Amen dit is waar ek kry gewoonlil al die.skuld maar bid dit weg
2026-11-15 15:23:58
3
Shadow :
ek is in n emotional,verbal en physical abuse huwelik. Het nerens om heen te gaan op my ouderdom nie. My kinders is oorsee
2026-11-17 19:49:46
0
ROBERT KOTZE :
dan is hul vals
2026-11-14 05:41:37
4
Jaco Vorster :
Ons weet nie wat liefde is nie. Ons wil tog net mooi behandel word, want God is liefde... Lees jou Bybel, bid, weet wie God is - die Waarheid.
Jesus sê vir Sy volgelinge "Is julle dan ook nog sonder verstand"
Alles verander vir klein gevoelige mense, sodra die Gees van waarheid inkom. Jesus sê vir Sy volgelinge dat Hy nog baie dinge het om vir hulle te sê, maar hulle kan dit nog nie nou dra nie, as die Gees van waarheid kom, sal Hy hulle lei in alle waarheid.
Gal 5:22 staan nie alleen nie, dit is reeds hoekom ons dink mense is net veronderstel om nice te wees
Gal 5:22 gaan hand aan hand met Effe 5:9.
Om liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, ... sonder waarheid en geregtigheid te wys is nie opregte vrug nie, maar ñ vals weergawe daarvan.
2026-11-16 04:41:16
0
MareB1979 :
ek gaan op die oomlik waardeur ek nou deur gaan jy praat die waarheid en hy is n priester in die kerk Na 29 jaar los hy my omdat ek te veel vrae gevea het
2026-11-14 15:25:35
0
Corne Janse van Vuuren :
Dankie vir die boodskap ek het nodig om dit te hoor. Ek gaan deur n innerlike stryd dat ek voel ek is nie goed genoeg
2026-11-21 05:46:36
0
lizzyvanwyk4 :
Net die waarheid pastoor
2026-11-14 19:14:59
2
Watchmen of God :
Ja Hulle Kan....my X was een...
2026-11-17 16:27:11
1
Thea Harmse :
Amen 🙏 daar
2026-11-15 04:30:09
1
Annelien Smith :
pastoor ek gaan deur so verhouding vir die laaste vyf jaar ons is al veertien jaar saam die laaste vyf jaar hy sit bybel verse op sy foon en gristelike goed op ay foon een oomblik vriendelik en volgende oomblik slegte mens op aarde dankie vir al die boodskape pastoor
2026-11-15 05:47:34
0
Elize Lennox :
Ja!
2026-11-14 17:55:31
1
Sharlo live (Sharon ) :
Amen
2026-11-16 07:06:12
1
Angelface🌈🔥👼 :
Hierdie woorde is baie waar, ek twyfel permanent in myself oor goed wat vir my gesê word. Veral as ek emosies wys, ek gaan deur trauma en het depressie maar dan word daar vir my gesê alles is "in jou kop" 🥺🥺 ek probeer seker te hard
2026-11-14 18:45:56
2
Wilna :
Is waar my ex het my emosioneel afgekraak. Hy sê hys lief Vir jou maar behandel jou so.
2026-11-14 08:21:42
3
🇿🇦•Marlise~ :
wat van n vrou wat bybel goed post oral , Getroude mans aandag gee en soek en die mans voor se om hul vrouens minder aandag te gee en hul beursies weg steek, en verkoning gebruik om te se GOD HET MY OP AARDE GESIT OM MANS TE KOESTER, "
2026-11-14 15:29:55
0
Ewouda :
Baie waar.
2026-11-14 06:46:26
2
Adrie Nel :
Gesernde aand Ek Gaan Nou DAAR deur.hy Bly saam n aneder vrou en ons is nog getroude.Dit maak so seer
2026-11-15 19:55:59
1
D💥A💥N💥N💥Y.🩵Bakgat_Vibes🩵 :
Dit is baie waar, net GOD is perfect 🙏🏻
2026-11-14 14:31:43
1
Gerrit :
Dit is juis hoekom ek nie myself sien as 'n Christen nie, maar as 'n gelowige en kind van God. Die meeste Christene is die wat ander oordeel sonder dat hulle daardie mense en hulle omstandighede ken. Ek glo dat jy mense moet behandel soos wat jy wil hê hulle jou moet behandel.🙏🛐🤗❤️
2026-11-14 19:14:24
1
To see more videos from user @pastorbrendastlm, please go to the Tikwm
homepage.