@therealjoesteelza: Wanneer ’n ouer ’n kind verloor, verander die wêreld vir altyd. 💔 Die huis raak stiller, maar die herinneringe bly. Die jare mag verbygaan, maar ’n ouerhart vergeet nooit. Jy dra daardie kind saam met jou — in elke gedagte, elke traan en elke klop van jou hart. “Wanneer ’n Kind Huis Toe Gaan” is vir elke mamma en pappa wat al hierdie onbeskryflike verlies moes beleef. 🕊️ Mag hierdie lied ’n klein bietjie troos bring waar woorde soms nie meer genoeg is nie. 🎵 Joe Steel #WanneerNKindHuisToeGaan #JoeSteel #VirOnsKinders #Ouerhart #OnthouVirAltyd